Petisie om Afrikaans as ‘n inheemse taal te erken

Click here to sign this petition in English

Die Minister van hoër onderwys, Blade Nzimande, verdedig steeds sy department se taalbeleidsraamwerk vir hoër onderwys, wat Afrikaans haatlik en ongrondwetlik as ‘n “uitheemse” taal klassifiseer.

Die DA sal meedoënloos ons stryd voortsit vir die erkenning van Afrikaans as ‘n inheemse taal.

Hiermee rig die DA, tesame met alle persone wat hierdie petisie onderteken, die onderstaande eise aan die Minister van Hoër Onderwys en Opleiding:

  1. Die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding moet dadelik die Beleidsraamwerk vir Hoëronderwysinstellings wysig om Afrikaans as ‘n inheemse Suid-Afrikaanse taal te erken. Die Beleidsraamwerk erken tans slegs tale wat aan die “suid-Bantoe taalfamilie behoort” as inheemse tale. Hierdie definisie is onwetenskaplik, strydig met die Grondwethof se uitspraak in die Unisa-saak, en kwetsend en haatdraend teenoor die diverse Afrikaanssprekende taalgemeenskap.
  2. Nadat die Beleidsraamwerk aangepas is om Afrikaans se regmatige status as ‘n inheemse Suid-Afrikaanse taal te erken, moet Minister Nzimande die Afrikaanssprekende gemeenskap in die openbaar om verskoning vra vir die wyse waarop hy hierdie gemeenskap se grondwetlike regte tot waardigheid, moedertaalonderrig en gelykheid ondermyn het.
  3. Nadat Afrikaans se status as inheemse taal erken is, moet Nzimande alle openbare universiteite – insluitend die Universiteit van Stellenbosch – versoek om hul taalbeleide dienooreenkomstig met Afrikaans se status as ‘n volwaardige inheemse taal aan te pas sodat moedertaalonderrig in Afrikaans uitgebrei eerder as ingeperk word.

Onderteken asseblief hierdie petisie!

8308 Ondersteuners

11692 om 20000 ondersteuners te behaal